Beste Bemesting / Kunsmis vir Sitrusbome – Kynoch Fertilizer

Die regte bemesting is nodig van die begin af om optimale groei en kwaliteit vrugte van jou Sitrusboom te verseker. Wanneer die boom meer gevestig is, kan grondmonsters geneem word op ‘n gereelde basis om die nutrient behoeftes van die grond te bepaal.

Kynoch verskaf ‘n top kunsmis produk wat ideaal is vir sitrus en ander vrugte bome, naamlik GreenGold®. GreenGold® is ‘n kunsmis mengsel wat Stikstof (N), Kalsium (Ca) en Boor (B) gesamentlik in een mengsel bevat, en is ontwikkel om plant groei, vrug vorming en kwaliteit te bevorder. Koolhidraat-bestuur is uiters belangrik deur die verskillende groei- en plantstadia, en speel ‘n kritiese rol in sitrus produksie en kwaliteit. Dit is dus belangrik dat Stikstof en Magnesium voortdurend bestuur word, tesame met ander elemente soos Yster en Sink. Die rol van Kalsium het ‘n direkte invloed op die sellulêre sintese en krag. Saam met die regte Boor-toediening is ‘n hoër vrugset ook meer waarskynlik.

As u meer inligting wil verkry oor Kynoch se GreenGold®-kunsmis, kontak ons vandag. ‘n Ervare landboukundige of konsultant sal u help om die beste kunsmis vir Sitrusbome en ander vrugtebome te verkry.

Our Products

The total collection of products available ensures that our clients can match the nutritional needs of their crops at every growth stage, but also adapt either their overall fertilizer programs or their practices.

Verbeterde Doeltreffendheid deur Innovasie

Kynoch se visie is om ‘n innoverende verskaffer van plantvoeding te wees wat ons kliënte se ondernemings komplementeer deur Yield Enhancing Technologies® en innovasie wat kunsmisprestasie verhoog. Dit, sowel as ‘n omvattende reeks landboukundige dienste, Plantvoedingskedulering® wat in lyn is met plantontwikkeling en die gebruik van groeiversterkers, stel ons en ons kliënte in staat om die ontwikkeling van hul gewasse optimaal te bestuur.

Lees Meer

N-hanced-N®   

Kynoch is die eksklusiewe verspreider van die wêreldwye beproefde Agrotain® stikstofstabiliseerder wat deur Koch Industries vervaardig word. Hierdie Agrotain®-tegnologie was die eerste van baie tegnologieë wat ons gebruik het om doeltreffendheid op die plaas te verseker. Dit het ons in staat gestel om ‘n nuwe kategorie N-hanced-N® produkte te ontwikkel, wat bekend staan as die KynoPlus®-reeks.

Lees Meer

Toepassing van kunsmis op jou Sitrusbome

Vrugtebome benodig die regte hoeveelheid voedingstowwe om te kan floreer. Indien daar enige tekort aan nodige voedingstowwe is, sal die boom nie sy volle potensiaal bereik nie en sal dit selfs meer vatbaar wees vir probleme soos siektes, laer vrugte opbrengs en swakker kwaliteit. Om die kunsmis-behoeftes te bepaal, word ‘n grondtoets vereis. Die grondtoets sal enige gebrek aan voedingstowwe in die grond openbaar, wat benodig word vir effektiewe plantegroei en vrugteproduksie. As ‘n voorste kunsmisverskaffer in Suid-Afrika kan Kynoch u help met die grondanalise, om u te help om u Sitrusbome se voedingsbehoeftes te bepaal.

    Die meeste vrugtebome gaan elke jaar deur ‘n vinnige groeistadium en dit is voordelig indien die regte voedingstowwe geredelik beskikbaar is wanneer hierdie groeifase begin. Kynoch sal u adviseer oor die beste kunsmisstowwe vir u spesifieke tipe oes, om u te help om die beste van u Sitrusbome te kry.

    Kontak Kynoch vir die beste bemesting vir u Sitrusbome

    Kontak Kynoch vandag vir meer inligting oor ons GreenGold®-kunsmis vir jou Sitrusbome of ander vrugtegewasse.

    As ‘n voorste vervaardiger en verskaffer van kunsmis in Suid-Afrika, kan jy staatmaak op ons ervare span vir professionele hulp en goeie advies. Ons assisteer baie boere om hul oes-opbrengs en gehalte te verbeter deur hulle te voorsien van ‘n doeltreffende reeks gewas-doelgerigte kunsmis. Vertrou op die voorste kunsmisverskaffer vir hulp op jou plaas – praat vandag met ‘n konsultant of landboukundige by Kynoch oor ons kunsmis vir Sitrusbome.